- Title
- Die Ndzundza-Ndebele en die blankes in Transvaal, 1845-1883
- Creator
- Van Jaarsveld, Floris Albertus, 1922-1995
- ThesisAdvisor
- Davenport, T R H
- Subject
- Ndebele (African people) -- History
- Subject
- Transvaal (South Africa) -- History
- Date
- 1986
- Type
- Thesis
- Type
- Masters
- Type
- MA
- Identifier
- vital:2578
- Identifier
- http://hdl.handle.net/10962/d1004379
- Identifier
- Ndebele (African people) -- History
- Identifier
- Transvaal (South Africa) -- History
- Description
- In 1969 het Leonard Thompson met reg beweer dat Suid-Afrikaanse historici hulle tot op hede hoofsaaklik besig gehou het met die doen en late van 'n Blanke gemeenskap wat die land sedert 1652 oorheers het. Die Swartman was die "forgotten factor" in die geskiedenis van Suider-Afrika. Waar die Swartman die onderwerp van wetenskaplike studie was, is dit aan argeoloë, linguiste, etnoloë en fisiese en sosiale antropoloë oorgelaat. Tereg het Thompson kort hierna opgemerk: "We need to know much more about the complex process by which African chiefdoms became incorporated in white controlled politics in the late nineteenth century. Only when monographs have been written on several individual cases, shall we be in a position to reach definite conclusions about the process as a whole ". Sedert hierdie uitspraak van Thompson het verskeie historici hulle op die terrein van die "forgotten factor" begewe. Omvangryke publikasies oor onder andere die Zulu, Pedi, Sotho asook die Swazi's het sedertdien die lig gesien, terwyl 'n werk oor die Tswana van Wes-Transvaal pas verskyn het. Hierteenoor het heelwat van die kleiner en minder invloedryke swart groeperinge tot op hede steeds agterweë gebly. Wat Noordoos Transvaal betref - meer spesifiek die gebied tussen die Elandsrivier, die Lebomboberg en die Krokodilrivier wat die Ohrigstadse Volksraad in 1846 van Mswati gekoop het, was daar behalwe die Pedi verskeie ander groepe aanwesig wat almal gedurende die loop van die negentiende eeu onder Blanke gesag gekom het. Hieronder het getel die Ndzundza, die Kopa, Tau, Kwena, Ntwane, Koni, Rôka, Kutswe , Pai en Pulana, waarvan die Ndzundza en Kopa die belangrikste was. Ten spyte van die feit dat daar heelwat argivale bronne oor hierdie groepe bestaan, het geen navorser dit tot op hede nog ontgin nie. Oor die onderwerping van hierdie stamme aan Blanke gesag gedurende die negentiende eeu, is daar weinig bekend. Wat die Ndzundza-geskiedenis betref, geld Thompson se opmerking nog steeds dat historici wetenskaplike studie oor die Swartes tradisioneel aan navorsers uit ander dissiplines oorgelaat het. Dit blyk duidelik uit 'n ontleding van sekondêre materiaal wat oor die Ndzundza bestaan. Verskeie studies van volkekundige aard is oor die verskillende kulturele fasette en pre-koloniale geskiedenis van die Transvaalse Ndebele, waarvan die Ndzundza deel uitmaak, gedoen. In die meeste van hierdie studies word die pre-Blanke geskiedenis van die Ndzundza as inleiding aangebied, terwyl daar in sommige gevalle ook na die historiese tydperk verwys word. Op hierdie wyse is die herkomsgeskiedenis van die Ndzundza met behulp van mondelinge tradisies redelik volledig opgeteken. As gevolg van die feit dat geen argivale bronne geraadpleeg is nie, is die volkekundige werke wat die historiese tydperk betref, deurspek met spekulasies, onjuisthede en valse aannames. Met enkele uitsonderings berus verwysings deur die enkele historici wat die Ndzundza-geskiedenis behandel, veral met betrekking tot die tydperk voor 1882, grootliks op die uitsprake van volkekundiges. Dit het meegebring dat die huidige beeld en feitelikhede omtrent die negentiende eeuse Ndzundza-geskiedenis onjuis is, veral soos dit in algemene geskiedenisse opgeteken staan. Hierteenoor het verskeie historici die Mapoch-oorlog van 1882- 1883, waartydens die Ndzundza hul onafhanklikheid verloor het, behandel. In sy biografie oor genl P. J. Joubert het J. A. Mouton die oorlog tot 'n enkele hoofstuk beperk. Vir Mouton gaan dit egter om Joubert se persoonlike aandeel en gee hy gevolglik nie veel aandag aan die belangrikste aspek van die oorlog, naamlik die oorsake, nie. H. P. van Coller het in 1941 'n MA-verhandeling die lig laat sien waarin die oorsake en verloop van die Mapoch-oorlog beskryf word. Van Coller se uiteensetting omtrent die oorsake van die oorlog is egter ontoereikend aangesien dit heelwat onjuisthede bevat, geweldig subjektief is en nie ontkom aan naïewe aannames en uitsprake nie. Die belangrikste oorsaak van die oorlog, naamlik gronddispute, word deur Van Coller geignoreer. Voorts behandel hy die oorlog as 'n gevolg van die moord op Sekhukhune, sodat die Ndzundza "toevallig" betrek word. Ander historici se verwysings na die oorlog is ook ontoereikend omdat dit in die meeste gevalle beperk bly tot enkele bladsye en paragrawe. Tot op hede is die negentiende eeuse Ndzundza-geskiedenis dus nog of onvolledig, of onjuis opgeteken. Met hierdie studie word gepoog om 'n bydrae in hierdie verband te maak. Omdat die historisiese feite omtrent die verloop van die 1882-1883 oorlog grootliks bekend is, val die klem op die tydperk daarvóór. Voorts moet dit gemeld word dat dit in hierdie studie hoofsaaklik gaan om die faktore wat die verhoudinge tussen die Ndzundza en die Blankes bepaal het, te elimineer. Ander aspekte wat ter sprake kom is onder andere die uitwerking wat die Blanke besetting van Noordoos-Transvaal op die Ndzundza gehad het, gronddispute, arbeidsaangeleenthede, Swazi- en die Pedi-deelname in die Blankes se pogings om die Ndzundza te onderwerp van die asook die uiteindelike vernietiging en verlies onafhanklikheid van die Ndzundza. Die spelwyse van sekere name en benaminge wat in hierdie verhandeling voorkom, het in sommige gevalle probleme opgelewer. Die meerderheid Ndebele name is gespel volgens die voorskrifte van die Suid-Ndebele taalraad. Waar die korrekte moderne spelling van Swartes se name nie vasgestel kon word nie, is dit in aanhalingstekens weergegee soos dit in die dokument voorkom. AIle amptelike benamings soos staatspresident of koloniale sekretaris is in die teks met 'n kleinlettertjie gespel maar in die voetnotas met 'n hoofletter. Die motivering hiervoor is die Afrikaanse gebruik om amptelike benamings binne Westerse staatsverband met 'n hoofletter te spel maar benamings in tradisionele verband soos kaptein, opperhoof of hoofman met 'n kleinlettertjie, wat myns insiens op diskriminasie neerkom. Wat die spel van die woord swart betref: Waar dit as byvoeglike naamwoord gebruik word (bv. swart kindertjies), is deurgaans van kleinletters gebruik gemaak. Hoofletters is gebruik wanneer dit as selfstandige naamwoord gebruik word, bv. Die Swartes. Die terme kaffer en meid is waar moontlik, vermy. Die aangehaalde stukke waarin dit weI voorkom, moet nie as beledigend beskou word nie maar as verteenwoordigend van die terminolgoie van 'n bepaalde tyd in die geskiedenis. Die bedoeling was geensins om enigiemand te na te kom nie. wat ter sprake kom.
- Format
- 315 pages, pdf
- Publisher
- Rhodes University, Faculty of Humanities, History
- Language
- Afrikaans
- Rights
- Van Jaarsveld, Floris Albertus, 1922-1995
- Hits: 2613
- Visitors: 2737
- Downloads: 175
Thumbnail | File | Description | Size | Format | |||
---|---|---|---|---|---|---|---|
View Details | SOURCEPDF | 30 MB | Adobe Acrobat PDF | View Details |