- Title
- Aspekte van die prosa van André P Brink met spesifieke verwysing na Sandkastele (1995)
- Creator
- Vermeulen, Liezel
- ThesisAdvisor
- Meintjes, Godfrey
- Subject
- Brink, André P (André Philippus), 1935-2015 -- Sandkastele Brink, André P (André Philippus), 1935-2015
- Date
- 2003
- Type
- Thesis
- Type
- Masters
- Type
- MA
- Identifier
- vital:3605
- Identifier
- http://hdl.handle.net/10962/d1003809
- Description
- Hierdie studie ondersoek aspekte van die prosa-oeuvre van die Suid-Afrikaanse outeur André P. Brink, met spesifieke verwysing na sy eerste post-apartheid roman Sandkastele (1995). Hierdie teks se feministiese hersiening van en alternatief tot die manlikgedomineerde en -gedokumenteerde amptelike geskiedenis van Suider-Afrika staan sentraal in die postmodernistiese, postkoloniale fase waarin die Brink prosa-oeuvre die verlede heroorweeg. Die pre-koloniale en koloniale verlede van die landstreek word herkaart deur die vertelling van stories van vroue van die verlede in 'n unieke vertelsituasie wat 'n her-verbeelde, tekstuele vrouegeskiedenis registreer. Die konsep "reimagination" wat ontwikkel in Brink se kritiese en literêr-teoretiese werke vanaf die publikasie van die essay "Imagining the real" in Mapmakers (1983) en Elleke Boehmer se konseptualisering van die tekstuele gevolge van dekolonisasie (1995) word ontgin. Spore van die magiese realisme, die postkolonialisme, die poststrukturalistiese postmodernisme en leeswyses en denkrigtings wat in die feminisme en genderstudies aandag geniet, word in Sandkastele se vertelling, narratiewe figure en ruimte ondersoek. Hierdie leesstrategie akkommodeer die Brink-oeuvre se voortdurende heroorweging en ontdekking van nuwe tekstuele moontlikhede, 'n proses wat gekenmerk word deur 'n reeks tematiese of konseptuele ontwikkelinge en die uit-en deurwerk van belangstellings van vorige Brinktekste. ABSTRACT: This study investigates aspects of the prose oeuvre of the South African author André P. Brink, with specific reference to his first post-apartheid novel Imaginings of Sand (1995). The feminist revisioning of the text as an alternative to the male-dominated and -documented official history of Southern Africa is central to the postmodernist, postcolonial phase of the Brink oeuvre in which the past is reconsidered. The pre-colonial and colonial past of the country is remapped through the stories of women of the past in a narrative construction which registers a re-imagined textual women's history. The concept "reimagination" which develops in Brink's critical and literary theoretical works from the publication of the essay "Imagining the real" in Mapmakers (1983) and Elleke Boehmer's conceptualisation of the textual effects of decolonisation (1995) is utilised. Traces of the magical realism, postcolonialism, poststructuralist postmodernism and approaches which are explored in feminism and gender studies are explored in Sandkastele's narrative construction, characters and space. This reading strategy accommodates the Brink oeuvre's continual re-evaluation and uncovering of new textual possibilities, a process that is characterised by a series of thematic or conceptual developments and the deployment of themes from previous Brink prose texts.
- Format
- 188 leaves, pdf
- Publisher
- Rhodes University, Faculty of Humanities, School of Languages
- Language
- Afrikaans
- Rights
- Vermeulen, Liezel
- Hits: 2039
- Visitors: 2073
- Downloads: 93
Thumbnail | File | Description | Size | Format | |||
---|---|---|---|---|---|---|---|
View Details | SOURCEPDF | 30 MB | Adobe Acrobat PDF | View Details |