The development of a cultural family business model of good governance for Greek family businesses in South Africa
- Authors: Adendorff, Christian Michael
- Date: 2005
- Subjects: Family-owned business enterprises -- South Africa Greeks -- South Africa Greeks -- South Africa -- Social life and customs Corporate governance -- South Africa South Africa -- Economic conditions
- Language: English
- Type: Thesis , Doctoral , PhD
- Identifier: vital:1163 , http://hdl.handle.net/10962/d1002779
- Description: Never in the history of the South African nation has the entrepreneurial spirit been more alive. Since the opening of international doors, after the 1994 elections, South Africa has experienced the explosive growth of transnational entrepreneurship. An enduring aspect of the explosion of such economic activity is the need for "good governance" and the need for governance education in South Africa and the rest of the continent has never been greater. The size of the family business component of the South Aftican economy suggests that it is the predominant way of doing business in South Africa. Of importance to this study is the estimate that approximately 95 % of all Greek businesses in South Africa can be classified as family businesses. The sustainability of Greek family businesses requires that they maintain good governance practices that are economically and environmentally acceptable to all stakeholders. It also requires that the next generation of Greek entrepreneurs balance good governance for the businesses as well as for the family. The primary objective of this study was to identify and explore the internal factors that influence and determine good governance to ensure the survival, growth and sustainability of Greek family businesses in South Africa. The secondary research objectives pertained to the underlying dimensions of good governance and required an exploration of the different governance concerns in relation to specific South African Greek behaviour and characteristics. A theoretical model of good governance factors was proposed and tested using Structural Equation Modeling. The study found that perceived good governance in a South African Greek family business context needs to be measured in terms of three factors, namely risk control, the internal regulatory environment and the protection of the stakeholders' interest. The study dealt further with the secondary sources effecting governance for South African businesses and was based on the latest report by the King Commission. An important finding is that the cross cultural aspect of family business governance must now be considered when conducting such research as more and more emphasis is placed on the good governance of all businesses.
- Full Text:
Investering : die problematiek van investering-besluitneming vir die privaatsektor in die vervaardigingsbedryf in die Grens, Ciskei en Transkei
- Authors: O'Neill, Richard Charles
- Date: 1987
- Subjects: Investments -- South Africa -- Ciskei , Investments -- South Africa -- Transkei
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Doctoral , PhD
- Identifier: vital:924 , http://hdl.handle.net/10962/d1001450
- Description: Die langtermynaard van 'n investering noop die voornemende investeerder om meer omsigtig te beplan as in die geval van 'n belegging wat gewoonlik oor 'n korter termyn strek. Die voornemende investeerder moet besef dat 'n investeringsbesluit nie in isolasie van eksterne faktore geneem kan word nie. Dit is daarom raadsaam dat die voornemende investeerder hom deeglik van die makro- en mikro ekonomiese milieu waarbinne die investering beoog word, sal vergewis. Ten einde die kompleksiteit van investeringsbesluitneming op te helder, word daareerstens in hoofstuk 1 op die begrip van investering gekonsentreer. Voorts word die beginsel dat die investeringsbesluit nie in isolasie geneem kan word nie, beklemtoon. In hierdie opsig word daar veral na die determinante van investering gekyk. In makro-ekonomiese verband word die gedagte sterk beklemtoon dat investering nodig is om kapitaalvorming te laat plaasvind wat op sy beurt een van die vereistes is om ontwikkeling te bevorder. As gevolg van meningsverskille ten opsigte van die invloed van investering in ontwikkelde teenoor ontwikkelende lande is daar gevolglik aandag aan enkele ekonomiese groeimodelle gegee. Gesien uit die oogpunt van die daarstelling van 'n konsessiepakket om streeksekonomiese ontwikkeling te stimuleer, is die huidige konsessiepakket met die determinante van investering vergelyk. Daardeur word die kwessie aangeraak of die konsessiepakket weI die teoretiese determinante van investering in ag geneem het. Die belangrike vraag of die nyweraars self met die konsessiepakket tevrede is, word in die empiriese studie behandel. Die langtermynaard van 'n investering sal die weldeurdagte investeerder dwing om 'n verdere determinant, naamlik die land as risikofaktor deeglik in ag te neem. Met hierdie veronderstelling word daar in hoofstuk 2 na die land waar die investering oorweeg sal word, naamlik Suid-Afrika gekyk. Daar word veral aan die ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika aandag gegee. In hierdie opsig word die ongelyke verdeling van inkome wat gedurende die jare al hoe meer beklemtoon is, bespreek en word daar na owerheidspogings gekyk om die probleem op streeksvlak teen te werk. Hierdie owerheidspogings konsentreer helaas op die daarstelling van 'n streeksekonomiese beleid wat moes meehelp om die geografiese verskille in die verdeling van inkome teen te werk. Die streeksekonomiese beleid het gestalte gekry in die vorm van 'n konsessiepakket wat dan ook in hierdie hoofstuk bespreek word. Aangesien die konsessiepakket daarop ingestel was om nyweraars na gedesentraliseerde gebiede te lok, is dit 'n voorwaarde vir die sukses van streeksekonomiese beleid dat nyweraars wat gedesentraliseer het met die konsessiepakket tevrede moet wees. Die navorsingsmetodiek wat gevolg is om hierdie vraag te probeer beantwoord word in hoofstuk 3 bespreek. Daar word in hierdie hoofstuk na die onderwerp, die hipotese, die vraelys en die beantwoordingsmetode gekyk. Hierdie hoofstuk dien dus as 'n skakel tussen die eerste twee hoofstukke wat hoofsaaklik oor die normatiewe en teoretiese aspekte van investering gehandel het en hoofstuk 4 wat die navorsingsresultate oftewel die werklikheid verteenwoordig. Die hipotese dat gedesentraliseerde nywerhede nie met die konsessiepakket tevrede is nie, word in hoofstuk 4 met die navorsingsresultate vergelyk en daar word ook na die verskille wat tussen die Grens, Ciskei en Transkei voorgekom het, gekyk. Die beleidsimplikasies van die navorsingsresultate sowel as In samevatting van die verhandeling word in hoofstuk 5 behandel terwyl daar ook na die implikasies ten opsigte van die huidige debat in die ontwikkelingsekonomie gekyk word (Introduction, p. ix-xi)
- Full Text: