Poësie in 'n Grensland-situasie : verkenning van die ontwikkeling van 'n tema en 'n houding in die Afrikaanse digkuns
- Authors: Vorster, Jo-Anne
- Date: 1963
- Subjects: Afrikaans poetry -- History and criticism
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Masters , MA
- Identifier: vital:3638 , http://hdl.handle.net/10962/d1013452
- Description: From Introduction. In hierdie studie word 'n poging aangewend om 'n sekere aspek van, en 'n sekere ontwikkeling binne die Afrikaanse Poesie toe te lig. Onder Afrikaanse Poësie verstaan ons enige digwerk in Afrikaans, sy dit epies, liries of dramaties. Omdat ons o.m. belangstel in 'n sekere ontwikkeling, is ons uiteraard op 'n chronologiese indeling aangewys. Verskeie faktore (geskiedenis, kwaliteit van digwerk of gebrek aan kwaliteit, ens.) het daartoe bygedra dat ons in die Afrikaanse Poësie vyf groot periodes het wat vrywel onbestrede aanvaar word: die tydperk van die Genootskappers (vóór 1900); die tydperk van die Driemanskap (tussen 1900 en 1920); die insinking van die twintigerjare (1920 tot 1934); die vernuwing van Dertig (1934 tot 1945); die jongste tydperk (tot 1962). Hierdie algemeen aanvaarde indeling dien ons doel. Dit is egter noodsaaklik om dit onomwonde te stel dat die geesteshouding van die digter, soos ons dit uit die gedig leer ken, van groter belang is by ons studie as die ontstaansdatum van die gedig.
- Full Text:

Roman-waarheid en roman-fiksie: 'n ondersoek na die waarheidsgehalte van sekere Afrikaanse aktualiteitsromans en na die waarheidsmaatstaf in die aktualiteitsromankritiek
- Authors: Mulock-Houwer, F A M
- Date: 1963
- Subjects: Afrikaans fiction -- History and criticism
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Masters , MA
- Identifier: vital:3633 , http://hdl.handle.net/10962/d1012910
- Description: Dit het my herhaaldelik getref dat, by die beoordeling van bepaalde tipes Afrikaanse romans, deur die kritici sekere maatstawwe aangelê word wat as artistieke of literêre kriteria nie geldig, nie ter sake nie, en daarom meestal ook ontoelaatbaar is. Ek bedoel meer bepaaldelik die historiese en aktualiteitsromans: genres wat hul tematiese materiaal grotendeels betrek uit die verbye of hedendaagse "werklikheid" van die gemeenskap waartoe, in prakties alle gevalle, én die auteurs én die kritici van daardie romans behoort. Die ongeldige, slegs ten dele geldige of verkeerd gebruikte geldige kriteria vind hul oorsprong in 'n foutiewe vereenselwiging van die letterkundige kriterium "waarheid in die roman" met die aktualiteitsmaatstawwe "objektiewe werklikheid" en "oordeel oor hierdie werklikheid wat in die roman gevel word". 'n Ondersoek na die grondbeginsels van die romankritiek, die mate van ooreenkoms wat die Afrikaaner kritiek daarmee vertoon, en dus ook na die "waarheidsgehalte" van die betrokke romans self, vorm die opset van hierdie verhandeling. In die loop van die ondersoek het dit egter spoedig geblyk dat die onderwerp te wyd was, en dat dit die beste beperk kon word deur te konsentreer op 'n kleiner aantal romans binne een genre. Die keuse het geval op die aktualiteitsroman, en meer bepaaldelik op 'n negetal romans i.v.m. die "nie-blanke aktualiteit" en "rasseverhoudings in Suid-Afrika". Hierdie keuse is gedoen om twee hoofredes. Eerstens omdat die rasseprobleem veral sedert die Tweede Wêreldoorlog en meer bepaaldelik sedert die Atlantiese Oorkonde (1942) dié heersende wêreldprobleem geword het. Die rassebeleid in Suid-Afrika is derhalwe skerp in die lig gestel, met die gevolg dat Suid-Afrikaners daartoe gedryf is om hulle houding nie net in die praktyk te handhaaf nie, maar ook teoretiee en godsdienstig te verdedig. As aktualiteitsprobleem is die rassesituasie dus die interessantste en dié wat die meeste opspraak wek. Die tweede rede vir my keuae is die feit dat die kritieke oor die "romans oor rasseverhoudings", juis weens die aktualiteitstweedrag oor hierdie situasie, die volledigste voorbeeld vorm van die heersende "werklikheid"/"waarheid"-verwarring in die Afrikaanse aktualiteitsroman-kritiek. Die skripsie is in drie hoofdele verdeel: ʹn ondersoek na die waarheidemaatstaf in die kritiek, toepassing van hierdie maatstaf op romans oor die naturel en op die kritieke daaroor, en die verdere uitwerking daarvan i.v.m. romans oor die kleurling. Die nege romans wat ter sprake gebring is, mag beskou word as die noemenewaardigste kuns-en-aktualiteitspogings in hul genre, en tewens as 'n volledige aanduiding van die algemene ontwikkelingsgang van daardie genre. Die gekose volgorde van die romans dien dan ook om twee hooffaktore te omlyn: (a) die ontwikkeling van die aktualiteitsiening vanuit die idilliese plaasverband van Franz se romans, via die beperkte siening van die nie-blanke stadsproblematiek, na ʹn paging tot 'n volledige Suid-Afrikaanse probleemstelling in Rabie se Ons, die Afgod, en (b) die kunsgehalte van die betrokke romans en die mate waarin dit die draagkrag van die tendens beinvloed, en wederom die mate waarin die keuse van die tema en tendens die waarheidsgehal teen draagkrag van die romans as aktualiteitskommentare bepaal. Ons het gevolglik die romans oor die naturel, wat die eerste fase van die aktualiteitsiening behandel, in Deel II geplaas, en die romans oor die kleurling, van die staanspoor af meer problematies van aard, en as groep dié wat die mees gevorderde aktualiteitsiening vertoon in Deel III. Die slotbeskouing is ʹn kort samevatting van die mate van ontwikkeling in die Afrikaanse aktualiteitsroman oor die nie-blanke, en 'n vasstelling van die aard van die werklikheiq/waarheid-digotomie in die kritieke daaromtrent.

- «
- ‹
- 1
- ›
- »