Investering : die problematiek van investering-besluitneming vir die privaatsektor in die vervaardigingsbedryf in die Grens, Ciskei en Transkei
- Authors: O'Neill, Richard Charles
- Date: 1987
- Subjects: Investments -- South Africa -- Ciskei , Investments -- South Africa -- Transkei
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Doctoral , PhD
- Identifier: vital:924 , http://hdl.handle.net/10962/d1001450
- Description: Die langtermynaard van 'n investering noop die voornemende investeerder om meer omsigtig te beplan as in die geval van 'n belegging wat gewoonlik oor 'n korter termyn strek. Die voornemende investeerder moet besef dat 'n investeringsbesluit nie in isolasie van eksterne faktore geneem kan word nie. Dit is daarom raadsaam dat die voornemende investeerder hom deeglik van die makro- en mikro ekonomiese milieu waarbinne die investering beoog word, sal vergewis. Ten einde die kompleksiteit van investeringsbesluitneming op te helder, word daareerstens in hoofstuk 1 op die begrip van investering gekonsentreer. Voorts word die beginsel dat die investeringsbesluit nie in isolasie geneem kan word nie, beklemtoon. In hierdie opsig word daar veral na die determinante van investering gekyk. In makro-ekonomiese verband word die gedagte sterk beklemtoon dat investering nodig is om kapitaalvorming te laat plaasvind wat op sy beurt een van die vereistes is om ontwikkeling te bevorder. As gevolg van meningsverskille ten opsigte van die invloed van investering in ontwikkelde teenoor ontwikkelende lande is daar gevolglik aandag aan enkele ekonomiese groeimodelle gegee. Gesien uit die oogpunt van die daarstelling van 'n konsessiepakket om streeksekonomiese ontwikkeling te stimuleer, is die huidige konsessiepakket met die determinante van investering vergelyk. Daardeur word die kwessie aangeraak of die konsessiepakket weI die teoretiese determinante van investering in ag geneem het. Die belangrike vraag of die nyweraars self met die konsessiepakket tevrede is, word in die empiriese studie behandel. Die langtermynaard van 'n investering sal die weldeurdagte investeerder dwing om 'n verdere determinant, naamlik die land as risikofaktor deeglik in ag te neem. Met hierdie veronderstelling word daar in hoofstuk 2 na die land waar die investering oorweeg sal word, naamlik Suid-Afrika gekyk. Daar word veral aan die ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika aandag gegee. In hierdie opsig word die ongelyke verdeling van inkome wat gedurende die jare al hoe meer beklemtoon is, bespreek en word daar na owerheidspogings gekyk om die probleem op streeksvlak teen te werk. Hierdie owerheidspogings konsentreer helaas op die daarstelling van 'n streeksekonomiese beleid wat moes meehelp om die geografiese verskille in die verdeling van inkome teen te werk. Die streeksekonomiese beleid het gestalte gekry in die vorm van 'n konsessiepakket wat dan ook in hierdie hoofstuk bespreek word. Aangesien die konsessiepakket daarop ingestel was om nyweraars na gedesentraliseerde gebiede te lok, is dit 'n voorwaarde vir die sukses van streeksekonomiese beleid dat nyweraars wat gedesentraliseer het met die konsessiepakket tevrede moet wees. Die navorsingsmetodiek wat gevolg is om hierdie vraag te probeer beantwoord word in hoofstuk 3 bespreek. Daar word in hierdie hoofstuk na die onderwerp, die hipotese, die vraelys en die beantwoordingsmetode gekyk. Hierdie hoofstuk dien dus as 'n skakel tussen die eerste twee hoofstukke wat hoofsaaklik oor die normatiewe en teoretiese aspekte van investering gehandel het en hoofstuk 4 wat die navorsingsresultate oftewel die werklikheid verteenwoordig. Die hipotese dat gedesentraliseerde nywerhede nie met die konsessiepakket tevrede is nie, word in hoofstuk 4 met die navorsingsresultate vergelyk en daar word ook na die verskille wat tussen die Grens, Ciskei en Transkei voorgekom het, gekyk. Die beleidsimplikasies van die navorsingsresultate sowel as In samevatting van die verhandeling word in hoofstuk 5 behandel terwyl daar ook na die implikasies ten opsigte van die huidige debat in die ontwikkelingsekonomie gekyk word (Introduction, p. ix-xi)
- Full Text:
- Date Issued: 1987

Boerdery in die Suid-Afrikaanse Republiek 1858-1899
- Authors: Naudé, Petrus
- Date: 1954
- Subjects: Agriculture -- South Africa -- History -- 19th century , Agricultural laborers -- South Africa -- History , Agriculture -- Economic aspects -- South Africa -- History , Farmers -- South Africa -- History -- 19th century
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Doctoral , PhD
- Identifier: vital:1092 , http://hdl.handle.net/10962/d1012946
- Description: In Suid-Afrika het die opkoms van die sosialistiese gedagte teen die einde van die negentiende eeu ook merkbare invloed op die staatshuishouding gehad. In die negentiende eeu was die ekonomiese wetgewing, hoofsaaklik onder invloed van die indiwidualisme volgens die leer van "Laissez- faire", daarop gerig om die maksimum welvaart te verkry deur vrye mededinging aan te moedig en te beskerm, en om privaat inisiatief sy gang te laat gaan. Daar het egter geleidelik 'n verandering in hierdie houding en beleid ingetree. Deur 'n verandering in die beskouing omtrent die einddoel van die menslike arbeid en sy ekonomiese bedrywigheid moes die staat uit sosiaal-ekonomiese oorwegings sekere seksies van die samelewing deur spesiale en beskermende wetgewing te hulp kom. Die ontwikkeling van die aandeel wat die staat geneem het in die beheer en bevordering van die welvaart van die boere in die Suid-Afrikaanse Republiek is ' n voorbeeld van die voorgenoemde omwenteling in die ekonomiese en bedryfslewe teen die einde van die vorige eeu. Die staat het aanvanklik weinig gedoen vir die bevordering en beheer van die onderhoudsboerdery. Later, met die veranderde boerderyekonomie, het staatshulp, staatsvoorligting en -beheer egter noodsaaklik geword. Gedurende die laaste jare van die Suid- Afrikaanse Republiek het die owerheid meer en meer verpligtings teenoor die boeregemeenskap aanvaar. Namate die staat groter hulp en diens verskaf het, na dié mate moes hy ook groter beheer uitoefen.
- Full Text:
- Date Issued: 1954

- «
- ‹
- 1
- ›
- »