Psigobiografiese persoonlikheidsbeskrywing van Generaal Christiaan de Wet
- Authors: Henning, Riana
- Date: 2010
- Subjects: De Wet, Christiaan Rudolf, 1854-1922 Psychology -- Biographical methods Psychoanalysis Big Five model Politicians -- Psychology South Africa -- Politics and government -- 1836-1909 South Africa -- Politics and government -- 1909-1948
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Doctoral , PhD
- Identifier: vital:2990 , http://hdl.handle.net/10962/d1002499
- Description: Hierdie is 'n psigobiografiese studie van Generaal Christiaan Rudolph de Wet. 'n Psigobiografiese studie is die bestudering van 'n persoon se volledige lewe met die doel om die persoon beter te verstaan. Psigobiografiese navorsing maak gebruik van psigologiese teorieë wat aangewend word om die biografiese data van 'n persoon se lewe te beskryf en moontlik ook te verklaar. Die individu wat bestudeer word, is gewoonlik 'n bekende, invloedryke, navolgenswaardige, interessante of modelfiguur. Daar is tans 'n oplewing in die veld van psigobiografiese studies, maar daar word nog steeds nie genoeg in die akademiese veld gedoen om psigobiografiese studies te bevorder nie. De Wet (1854-1922) is vir hierdie studie gekies omdat hy 'n interessante, dog komplekse figuur was. Hy het veral tydens die Anglo-Boereoorlog in 1899-1902 bekendheid verwerf. As 45-jarige man het De Wet in die Anglo-Boereoorlog geveg en vinnig opgang as 'n militêre leier gemaak. Sy vindingryke ontsnappingspogings het die Britse magte hoofbrekens besorg. Wat De Wet verder uniek maak, is dat hy met net drie maande skoolopleiding in die parlement gedien het, as president verkies is, die hoogste gesag in die Verdedigingsmag gehad het en 'n boek oor sy oorlogsherinneringe geskryf het. Alhoewel daar akademiese werke oor De Wet bestaan, is daar tot op hede nog geen psigobiografiese studie oor hom gedoen nie. Die doel van die studie was om die mens agter die legende na vore te bring. Daar is ook gepoog om moontlike antwoorde en verklarings op onbeantwoorde vrae te gee. Die studie het van beide kwalitatiewe en kwantitatiewe data gebruik gemaak en kan as 'n psigobiografiese gevalstudie beskryf word. Die Vyf-faktor model van Costa en McCrae (1992) is op die biografiese data van De Wet toegepas om sodoende sy persoonlikheidseienskappe te beskryf. Die bevindinge het interessante persoonlikheidseienskappe van De Wet deur middel van die Vyf-faktor model aan die lig gebring. Volgens die kwalitatiewe navorsingsbevindinge was De Wet 'n vyandige, aksie-gedrewe, bevoegde, prestasie-strewende, selfgedissiplineerde, warm, openhartige, saggeaarde en beskeie persoon. Die kwalitatiewe en kwantitatiewe data-ontledings het uiteenlopende persoonlikheidskenmerke by De Wet geïdentifiseer. Die grootste verskille het by die fasette warmte, openhartigheid en altruïsme voorgekom. Die waarde van die studie is dat 'n wetenskaplike persoonlikheidsontleding van De Wet gedoen is. Dit is ook die eerste studie waar 'n teoretiese model op De Wet se persoonlikheid toegepas is. Alhoewel die studie sekere tekortkominge toon, beklemtoon dit terselfdertyd die wenslikheid daarvan om alternatiewe modelle te gebruik tydens die ontleding van persoonlikheidskenmerke. Die studie dui ook op die behoefte aan verdere navorsing, byvoorbeeld soortgelyke ontledings en vergelykings van die persoonlikhede van ander militêre bevelvoerders (De la Rey, Smuts, Beyers, Hertzog).
- Full Text:
- Date Issued: 2010

Die sielkundige aanpassing van drie groepe Bantoes volgens die Rorschach toets
- Authors: Du Preez, Pieter Hendrik
- Date: 1968
- Subjects: Rorschach test Black people -- South Africa -- Psychology Ethnopsychology
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Doctoral , PhD
- Identifier: vital:3203 , http://hdl.handle.net/10962/d1011495
- Description: Die huidige belangrike rol wat die Bantoe van Afrika in internasionale sake speel, is welbekend. So ook die belangrikheid van die Suid-Afrikaanse Bantoe. Hierdie belangrikheid van die Bantoe het egter verbasend skielik en vinnig gekom, so vinnig dat wetenskaplike kennis van hom as mens, nie kon tred hou nie, met die gevolg dat die beskaafde wereld hom swak ken. Die doel van hierdie proefskrif is dan ook om meer Iig te probeer werp op die persoonlikheid van die Bantoe en die lnvloed wat die snel veranderende omstandighede op hom uitoefen. Ten einde die maksimum waarde uit die Rorschach toets wat aangewend is, te verkry, is dlt nodig om beide die determinants berekenings sowel as die inhoudsanalise in berekening te bring. Vir navorsingsdoeleindes waar die resultate van verskeie proefpersone saamgevoeg word in verskiIlende groepe, is dit egter 'n moelIike taak om die gegewens kwantitatief hanteerbaar te kry. Dit is die rede waarom in hierdie studie van ordeskale gebruik gemaak is wat vir die doel heel doeltreffend blyk te gewees het.
- Full Text:
- Date Issued: 1968

- «
- ‹
- 1
- ›
- »