Engel en aarde : gedagtes oor "natuur en bo-natuur" by die lees van Sheila Cussons
- Authors: De Villiers, Johanna Helena
- Date: 1985
- Subjects: Cussons, Sheila -- Criticism and interpretation
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Doctoral , PhD
- Identifier: vital:3619 , http://hdl.handle.net/10962/d1006960
- Description: Hierdie studie is In poging om uit die veelgeskakeerde digwerk van Sheila Cussons een draad te neem en dit deur te volg; in die hoop dat dit 'n Ariadne-draad mag word tot beter besef van die ryk gestruktureerdheid en diepte van haar verwysingsveld, en die betekenis daarvan vir ons tyd. Dis dan primer die beeld van die engel wat nagespeur word, as bonatuurlike wese wat nie tot die vlak van die fisiese inkorporeer nie. (From Ch. 1)
- Full Text:
Enkele eksistensiële elemente in die prosawerk van Willem Elsschot
- Authors: Saayman, Ellen Tertia
- Date: 1975
- Subjects: Elsschot, Willem, 1882-1960 -- Criticism and interpretation
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Masters , MA
- Identifier: vital:3634 , http://hdl.handle.net/10962/d1013113
- Description: Elsschot word dikwels 'n siniese skrywer genoem. Alvorens die geldigheid, al dan nie, van hierdie stalling nagegaan word, volg 'n aantal definisies om te probeer bepaal wat sinisme is. Van Dale gee die volgende verklaring van die woord CYNISCH: "schaamteloos ongevoelig, een stuitend of pijnlijk ongeloof in het goede aan den dag leggende, niet gelovende aan oprechtheid of deugd bij de motieven en daden der mensen en dit met spottende lach of op scherpe,sarcastische wijze laten blijken". Intro., p. 1.
- Full Text:
Feministiese vertelstrategieë in 'n metafiksionele teks van Jeanne Goosen
- Authors: Mackenzie, Leonore
- Date: 1991
- Subjects: Goosen, Jeanne Afrikaans fiction -- 20th century -- History and criticism Feminism and literature
- Language: Afrikaans
- Type: text , Thesis , Masters , MA
- Identifier: vital:3576 , http://hdl.handle.net/10962/d1002100
- Description: Die roman Ons is nie almal so nie (1990) deur Jeanne Goosen word aangebied in 'n realistiese (oftewel tradisionele) vertelvorm. Feministiese vakkundigheid verwys na die narratiewe tipe as patriargaal of fallosentries. As sodanig, is daar 'n ingrypende verskil tussen die vertelwyse van hierdie teks en die van die outeur se vroeere tekste. Hierdie verskuiwing dien as stimulus vir 'n evaluasie van bogenoemde teks binne 'n raamwerk van die feministiese literere teorie en kritiek. Genoemde verskuiwing beteken ook 'n behoefte na 'n ondersoek van die feministiese literatuur en vakkunde in verhouding tot die heersende manlike "stem" van tradisionele redevoering. Dit word beklemtoon dat elkeen van die feministiese teoretiese standpunte die onvoorwaardelike politieke doelstellings van alle feministiese tekste aan die lig bring. Daar word onder andere te kenne gegee dat patriargale mag nie net op persoonlike vlak voorkom nie, maar ook op die vlak van instellings en sosiale gebruike. Patriargale beheer is dus nie 'n onveranderliknatuurlike gegewe nie; dit is vatbaar vir teoretiese analise en praktiese wysiging. Vanwee die feministiese literere teoriee se preokkupasie met patriargale mag, word hierdie teoriee dikwels gekritiseer as synde onbetrokke by strydvrae ten opsigte van rassisme en klasseverdeling. Dit word erken dat die feministiese literere kritiek die geskil met betrekking tot seksisme moet transendeer; dat die toekoms van die feministiese literere teoriee gelee is in 'n deurdringende gesprekvoering met materialisme. Dit is die uitdruklike doelstelling van die marxisties-feministiese kritiese standpunt om rekening te hou, nie net met vraagpunte ten opsigte van taal en "gender" nie, maar ook van klas en ras. Goosen se teks is besonder ontvanklik vir 'n ondersoek van hierdie verwante probleme. * * * The novel Ons is nie almal so nie (1990) by Jeanne Goosen is presented in a realistic (or traditional) narrative form. In feminist terms this narrative form is referred to as patriarchal or phallocentric. As such, the text differs radically from the narrative mode in which the author's previous texts are presented. This shift invites an assessment of the text within a framework of feminist theory and criticism. Moreover, it indicates the need for an investigation into the relationship of feminist literature and scholarship to the dominant male voice of traditional discourse. It is stressed that each of the feminist theoretical positions reveals the unreservedly political purpose of all feminist writing. It is further suggested that patriarchal power exists in institutions and social practices, not merely in individual intentions. Patriarchal power is therefore not a part of immutable nature, but open to effective theoretical analyses and practical change. Due to their preoccupation with patriarchal power, feminist literary theories are often criticised as being blind to issues of race and/or class. It is recognised that feminist literary theory must transcend the issue of sexism; that its future lies in a far more articulated dialogue with materialism. The express purpose of the marxist-feminist critical position is to take into account questions not only of language and gender, but also of class and race. Goosen's text is particularly receptive to an exploration of these interrelated problems.
- Full Text:
Gewestelike verskynsels in die Afrikaanse spreektaal van Oos-Kaapland met spesiale verwysing na Albanie
- Authors: Van der Mescht, J W F (Johannes Willem Frederik)
- Date: 1977
- Subjects: Afrikaans language -- Dialects
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Masters , MA
- Identifier: vital:3643 , http://hdl.handle.net/10962/d1014568
- Description: By 'n dialekgeografiese studie van hierdie aard sal dit by uitstek die verstandigste wees om te begin by 'n omgewing waarin die ondersoeker gebore is en grootgeword het. Die omgang van die ondersoek en die uitgestrektheid van die gebied wat hierby betrokke is maak dit egter vir 'n boorling net so moeilik as vir 'n goeie waarnemer uit enige ander spraakgebied wat ook daartoe in staat behoort te wees om bepaalde foniese, leksikale, grammatiese, semantiese en sintaktiese verskynsels, eienaardighede en tendensies in die spreektaal op te merk. My bekendheid en omgang met Afrikaanssprekendes in hierdie streek wil ek nietemin kortliks soos volg aandui: (a) Wat vir hierdie studie as "randgebiede" beskou kan word. Gebore en opgegroei in Willowmore (19 jaar), onderwysopleiding op Graaff-Reinet (3 jaar). Onderwysondervinding In die distrik Steytlerville (2 ½ jaar). (b) Die eintlike ondersoekgebied. Onderwysondervinding in Oos-Londen en omgewing (6 jaar) , Grahamstad (10 ½ jaar) afgesien van talle lisensies in Oos-Londen en Port E1izabeth en besoeke aan omliggende dorpe en distrikte.
- Full Text:
Goeie maniere en etiket
- Authors: Van Staden, Antoinique
- Date: 2016
- Language: Afrikaans , English
- Type: Thesis , Masters , MA
- Identifier: vital:6011 , http://hdl.handle.net/10962/d1021226
- Description: This bilingual collection of short stories combines the fairy tale form and the Bizarro genre to explore the value system ingrained in me at a very early age via my conservative Afrikaans upbringing. To my mind the four characteristics of the fairy tale form as identified by Kate Bernheimer (in her path-breaking essay “Fairy Tale is form, Form is Fairy Tale”) namely flatness, abstraction, intuitive logic and normalized magic, also apply to the Bizarro genre. This intersection is exemplified by some of Bernheimer's own fiction, as well as the fiction of Aimee Bender and Lucy Corin, among others, all of whom have influenced my writing. , Hierdie tweetalige versameling kortverhale kombineer sprokieselemente met die van die Bizarro-genre, om die waardesisteem wat van kleins af deur my konserwatiewe Afrikaanse opvoeding by my ingeprent is, te ondersoek. Die vier eienskappe van die sprokie word deur Kate Bernheimer in haar baanbrekende opstel Fairy tale is form, Form is fairy tale uitgelê as: ’n onbetrokke verteller, abstraksie, instinktiewe logika en genormaliseerde towerkuns. Na my mening is dié vier eienskappe ook op die Bizarro-genre van toepassing. Hierdie oorvleuling is sigbaar in Bernheimer se fiksie en ook onder andere Lucy Corin en Aimee Bender s'n – skrywers wat my werk beïnvloed het. , This thesis is presented in two parts: Afrikaans and English.
- Full Text:
Hans Lodeizen en die romantiek
- Authors: Van der Berg, D Z
- Date: 1980
- Subjects: Lodeizen, Hans, 1924-1950 -- Criticism and interpretation , Poetry, Modern -- History and criticism , Romanticism
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Masters , MA
- Identifier: vital:3565 , http://hdl.handle.net/10962/d1002088
- Description: Hans Lodeizen is reeds in 1950 oorlede en alhoewel sy bundel Het lnnerlijk behang reeds meer herdrukke beleef het as enige bundel van bekender Vyftigers soos Remco Campert en Hans Andreus, het daar tot dusver sIegs twee krltiese studies en verder korter artikels oor sy digkuns verskyn. Heelwat kritici wys ook op die romantiese trekke in sy digkuns, maar soos bevestig deur De Rover, is daar nog nie aandag gegee aan wat hierdie "romantiek" dan werklik behels nie. As 'n mens die gedigte van Hans Lodeizen en die kritiese werke daaroor lees, word dit gou duidelik dat daar oënskynlik sterk romantiese trekke in sy digkuns aanwesig is, maar dat dit tog nie suiwer romantiek is nle. Soos Rodenko dit uitdruk: "hij is geen romanticus-uit-één-stuk, maar een gebroken romanticus." Deur twee kritici, nl. Stuiveling en Cartens word hy onderskeidelik egter as ekspressionis en surrealis bestempel. Wanneer ons verder in aanmerking neem dat Lodeizen algemeen aanvaar word as die voorloper, of as lid van die Vyftigers wat skerp van die Romantiek verskil, ontstaan die vraag of dit geregverdig is om Lodeizen as 'n "gebroke" of wat-dan-ook-al romantikus te beskou. Die doel van hierdie tesis is dan om na te gean in hoeverre daar weI sprake van romantiese nalewing in sy digkuns is en of dit net nawerking is. In aansluiting by Ziolkowski sal ons van nalewing praat wanneer 'n sekere gegewe, wat ons op grond van die ontleding van die Romantiek in die eerste hoofstuk as "romanties" ervaar, uit die gees van 'n moderne werk spruit. As nawerking beskou ons dan daardie gevalle waar dit duidelik is, dat ons met 'n teksgedeelte oneie aan die gees van die res van die teks te make het, wat nie op die selfde tydsvlak bestaan nie as die teks waarin dit ingebed is. Aangesien nalewing georiënteer is op die ideologiese inhoud van 'n algemene geesteshouding soos dit in die literêre denke tot uitdrukking kom, moet daar eers vasgestel word of daar wel so 'n gedagtekompleks by verskillende Romantiese digters aan te toon is, want slegs enkele, losstaande elemente vorm nog geensins 'n geesteshoudlng of styl nie. Dit is dan die doel van die volgende hoofstuk, terwyl die daaropvolgende hoofstukke sal probeer vasstel of die hoofkenmerke van die tipologiese romantiek wel in die werk van Hans Lodeizen aanwesig is.
- Full Text:
Investering : die problematiek van investering-besluitneming vir die privaatsektor in die vervaardigingsbedryf in die Grens, Ciskei en Transkei
- Authors: O'Neill, Richard Charles
- Date: 1987
- Subjects: Investments -- South Africa -- Ciskei , Investments -- South Africa -- Transkei
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Doctoral , PhD
- Identifier: vital:924 , http://hdl.handle.net/10962/d1001450
- Description: Die langtermynaard van 'n investering noop die voornemende investeerder om meer omsigtig te beplan as in die geval van 'n belegging wat gewoonlik oor 'n korter termyn strek. Die voornemende investeerder moet besef dat 'n investeringsbesluit nie in isolasie van eksterne faktore geneem kan word nie. Dit is daarom raadsaam dat die voornemende investeerder hom deeglik van die makro- en mikro ekonomiese milieu waarbinne die investering beoog word, sal vergewis. Ten einde die kompleksiteit van investeringsbesluitneming op te helder, word daareerstens in hoofstuk 1 op die begrip van investering gekonsentreer. Voorts word die beginsel dat die investeringsbesluit nie in isolasie geneem kan word nie, beklemtoon. In hierdie opsig word daar veral na die determinante van investering gekyk. In makro-ekonomiese verband word die gedagte sterk beklemtoon dat investering nodig is om kapitaalvorming te laat plaasvind wat op sy beurt een van die vereistes is om ontwikkeling te bevorder. As gevolg van meningsverskille ten opsigte van die invloed van investering in ontwikkelde teenoor ontwikkelende lande is daar gevolglik aandag aan enkele ekonomiese groeimodelle gegee. Gesien uit die oogpunt van die daarstelling van 'n konsessiepakket om streeksekonomiese ontwikkeling te stimuleer, is die huidige konsessiepakket met die determinante van investering vergelyk. Daardeur word die kwessie aangeraak of die konsessiepakket weI die teoretiese determinante van investering in ag geneem het. Die belangrike vraag of die nyweraars self met die konsessiepakket tevrede is, word in die empiriese studie behandel. Die langtermynaard van 'n investering sal die weldeurdagte investeerder dwing om 'n verdere determinant, naamlik die land as risikofaktor deeglik in ag te neem. Met hierdie veronderstelling word daar in hoofstuk 2 na die land waar die investering oorweeg sal word, naamlik Suid-Afrika gekyk. Daar word veral aan die ekonomiese ontwikkeling van Suid-Afrika aandag gegee. In hierdie opsig word die ongelyke verdeling van inkome wat gedurende die jare al hoe meer beklemtoon is, bespreek en word daar na owerheidspogings gekyk om die probleem op streeksvlak teen te werk. Hierdie owerheidspogings konsentreer helaas op die daarstelling van 'n streeksekonomiese beleid wat moes meehelp om die geografiese verskille in die verdeling van inkome teen te werk. Die streeksekonomiese beleid het gestalte gekry in die vorm van 'n konsessiepakket wat dan ook in hierdie hoofstuk bespreek word. Aangesien die konsessiepakket daarop ingestel was om nyweraars na gedesentraliseerde gebiede te lok, is dit 'n voorwaarde vir die sukses van streeksekonomiese beleid dat nyweraars wat gedesentraliseer het met die konsessiepakket tevrede moet wees. Die navorsingsmetodiek wat gevolg is om hierdie vraag te probeer beantwoord word in hoofstuk 3 bespreek. Daar word in hierdie hoofstuk na die onderwerp, die hipotese, die vraelys en die beantwoordingsmetode gekyk. Hierdie hoofstuk dien dus as 'n skakel tussen die eerste twee hoofstukke wat hoofsaaklik oor die normatiewe en teoretiese aspekte van investering gehandel het en hoofstuk 4 wat die navorsingsresultate oftewel die werklikheid verteenwoordig. Die hipotese dat gedesentraliseerde nywerhede nie met die konsessiepakket tevrede is nie, word in hoofstuk 4 met die navorsingsresultate vergelyk en daar word ook na die verskille wat tussen die Grens, Ciskei en Transkei voorgekom het, gekyk. Die beleidsimplikasies van die navorsingsresultate sowel as In samevatting van die verhandeling word in hoofstuk 5 behandel terwyl daar ook na die implikasies ten opsigte van die huidige debat in die ontwikkelingsekonomie gekyk word (Introduction, p. ix-xi)
- Full Text:
Ironie en ek : aspekte van die ironie as struktuurfaktor in die romanwerke van Marnix Gijsen
- Authors: Steyn, Karin
- Date: 1971
- Subjects: Irony in literature , Gijsen, Marnix, 1899-1984 -- Criticism and interpretation , Dutch fiction -- 20th Century
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Masters , MA
- Identifier: vital:3635 , http://hdl.handle.net/10962/d1013287
- Description: From Nawoord, p. 182. Ironie word in Gijsen se oeuvre nie alleenlik op 'n besondere wyse gebruik as 'n vorm van spel met woorde ter versiering of tot vermaak van die leser nie, maar irornie vorm ook 'n allerbelangrikste aspek van die struktuur van sy verhale. Gijsen "gebruik" nie in die eerste plaas ironie om die een of ander doel te bereik nie. Sy werke is ironies, en 'n begrip van die ironiese struktuur is in elke verhaal essensieel vir "n begrip van die verhaal self.
- Full Text:
Mite-poësie : die mite-skepping in die poësie van William Butler Yeats en Adriaan Roland Holst
- Authors: Milne, Sarah Elizabeth
- Date: 1967
- Subjects: Yeats, W. B. (William Butler), 1865-1939 -- Poetic works , Yeats, W. B. (William Butler), 1865-1939 -- Criticism and interpretation , Roland Holst, Adrianus, 1888-1976 -- Criticism and interpretation , English poetry -- 20th century -- History and criticism , Dutch poetry -- 20th century -- History and criticism , Mythology, Celtic , Mythology in literature
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Masters , MA
- Identifier: vital:3640 , http://hdl.handle.net/10962/d1013518
- Description: In my kennismaking met die poësie van Yeats en Roland Holst het ek onvermydelik opgemerk dat hulle sekere simbole ooreenkomstig gebruik, dat hulle dieselfde hoë, aristokratiese waardes handhaaf en gevolglik 'n afkeer het van die moderne massa-demokrasieë. Later het ek ontdek dat albei digters sterk in die Keltiese mites en sages belang gestel het en dat Roland Holst Yeats as 'n belangrike invloed eien. Dit alles, en die feit dat hulle albei enkele gegewens uit die Griekse mitologie daarby voeg in wat hulle "mites" word, het my voorgekom as goeie rede vir 'n vergelykende studie. So 'n ideë-studie het egter gedreig om iets heel anders te word as die literêre beskouing wat ek beoog het. Geleidelik het dit egter geblyk dat die mite méér moet wees dan die ideë-sisteem; en juis dit waardeur die mite meer is dan ideë-sisteem het die belangrikste regverdiging geword vir 'n vergelykende studie, en terselfdertyd, vir 'n toespitsing van die aandag op die poësie.
- Full Text:
Narratiewe strategieë by die ondersoek van die verlede in twee romans, naamlik Lijken op liefde (1997) deur Astrid H. Roemer en Duiwelskloof (1998) deur André P. Brink
- Authors: Potgieter, Maretha
- Date: 2002
- Subjects: Roemer, Astrid. Lijken op liefde , Brink, André Philippus, 1935- Duiwelskloof
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Masters , MA
- Identifier: vital:3578 , http://hdl.handle.net/10962/d1002151 , Roemer, Astrid. Lijken op liefde , Brink, André Philippus, 1935- Duiwelskloof
- Description: This study investigates some of the narrative strategies used by two novels, namely Lijken op Liefde (1997) by the Surinam born author Astrid H. Roemer and Duiwelskloof (1998) by the South African André P. Brink, in their exploration of and dialogue with traumatic pasts. Both texts are written within so-called postcolonial time frames, delve into the personal and collective past and attempt to provide a corrective on knowledges that used to be deemed not useful, unimportant or have been forgotten by official historiography. The theoretical base of the study is an eclectic mixture of both postcolonial and postmodern theories, throwing light on the strategies employed by these novels in order to understand, problematise and creatively exploit the past. , Hierdie studie kyk na sommige van die narratiewe strategieë binne twee romans, naamlik Lijken op Liefde (1997) deur die Surinaams-gebore outeur Astrid H. Roemer en Duiwelskloof (1998) deur die Suid-Afrikaner André P. Brink, in hulle ondersoek na en dialoog met die traumatiese verlede. Beide tekste is geskryf binne sogenaamde postkoloniale tydvakke, delf in die persoonlike en kollektiewe verlede, en verskaf ’n korrektief op die dinge wat as onbruikbaar of onbelangrik beskou is, of vergete geraak het binne die offisiële historiografie. Die teoretiese basis van die studie is ’n eklektiese mengsel van beide postkoloniale en postmoderne teorieë wat lig werp op die strategieë wat hierdie tekste gebruik om die verlede te verstaan, te problematiseer en kreatief te ontgin.
- Full Text:
Oor die kortkuns van John Miles
- Authors: De Beer, Marésa
- Date: 1988
- Subjects: Miles, John, 1938- -- Criticism and interpretation
- Language: Afrikaans
- Type: text , Thesis , Masters , MA
- Identifier: vital:3569 , http://hdl.handle.net/10962/d1002092
- Description: This thesis involves intensive analyses of some of the short-short stories in John Miles's Liefs nie op straat nie, in order to reveal the narrative strategies employed in each. In other words, it is geared to "the rules that govern ... textual actualization and, consequently, those rules that govern the way literary discourse functions as communication" (Riffaterre 1983: 158). Subsequently, attention is given to the interrelationship among the texts, the way in which they act upon one another and interact with the title of the volume, in order to establish the function of such relations. The following texts are analysed in consecutive chapters: "Lucy", "Lappies, kan jy my hoor, Lappies?", "Voorgevoel", "Dom Nakkie, my Dom Nakkie" and "Wie het nog Dom Nakkie gesien?", "Hy staan by die deur en hy klop", "Gustav gaan speel", and "Liefs nie op straat nie". In a concluding chapter the implications of the title are discussed with reference to all the texts in the volume, including those not analysed individually. It is concluded that, on the one hand, the expectations raised by the title are ironicized because the title is never "completed" explicitly, and because that which, by implication, should not be seen in public ("op straat"), is specifically situated in the street and scrutinized in close-up. But on the other hand the title also evokes a peculiar mentality present in all the texts, either in the narrators, or in the characters, or in both. The discussion of "Lucy" is focussed mainly on the contrast and interaction between the world of the child and that of the adult and on the way in which this interaction is actualized within the text through the contrast in the experience of time, the use of "mémoire involontaire", "durée" and the contrasts between (and overlapping of) narrative perspective and focalization. In respect of "Lappies, kan jy my hoor, Lappies?" special attention is paid to similarities and contrasts between this text and the traditional suspense story, notably the way in which conventional techniques are employed to create suspense, as well as to generate an entire subtext which eventually "relocates" the text on the niveau of the murderer's psychological dilemma. In discussing "Voorgevoel" emphasis is not placed primarily on what is conveyed by the narrator, but on the way in which his intentions are subverted both by the window pane through which he is looking and by the narration as such. In this way he is foregrounded and revealed as narrator, just as the text is foregrounded and revealed as literature, with the emphasis, in both cases, not only on their defence mechanisms but also on their impotence. "Dom Nakkie, my Dom Nakkie" and "Wie het nog Dom Nakkie gesien?" are grouped together in one chapter in order to illuminate the interaction between the two narratives in the first text, as well as the interaction between the two texts. Ultimately, they may be seen as three narratives juxtaposed through irony and relativism. The "triumph" of the "preferably not in public" mentality, both in the text and in society, is also illustrated by the interaction between the three narratives. In chapter, 5, in which "Hy staan by die deur en hy klop" is discussed, attention is focussed on the ironic function of the Biblical references, the contrast between Jan and the rest of society, and the way in which the "climax" is located within the Iserian "blank" in the text, so that the entire process of decoding is based on a filling in of that "blank" and its implications. "Gustav gaan speel" is based loosely on Barthes's lexia model, in order to determine the signifying process in the text, and also to demonstrate the way in which the text presupposes rereading. In the discussion of the title text it is revealed how the text is centered in the basic dichotomy between the narrator-as-writer and the journalist, and the way in which this polarity is relativized by the text as such. The text is demonstrated to be the credo of the volume as a whole as well as of the fiction of the Seventies in Afrikaans.
- Full Text:
Op hom die groot hosannas : enkele aspekte van die modern Christelike poësie in Afrikaans
- Authors: Bosman, Maria Elizabeth
- Date: 1989
- Subjects: Afrikaans poetry -- History and criticism , Religious poetry, Afrikaans -- History and criticism , Christian poetry, Afrikaans , Calvinism in literature , Blum, Peter, 1925-1990 , Rousseau, Ina , Cussons, Sheila , De Villiers, I. L., 1936-2009 , Cloete, T. T. (Theunis Theodorus), 1924-2015 , Spies, Lina , Müller, Petra, 1935-
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Doctoral , PhD
- Identifier: vital:3566 , http://hdl.handle.net/10962/d1002089 , Afrikaans poetry -- History and criticism , Religious poetry, Afrikaans -- History and criticism
- Description: This study is concerned with modern Christian poetry in Afrikaans. Afrikaans poetry, which initially carried the clear stamp of the Afrikaner's Calvinistic view of life, gradually assumed a new image to the extent that it could no longer be recognised as religious and specifically Calvinistic poetry. To the contrary, modern Afrikaans Christian poetry is the expression of a contemporary conceptualisation of the very same gospel. The occasional violent reaction especially of conservative institutions to so called "unchristian" modern poetry in Afrikaans during the past three decades, has prompted this study which attempts to illustrate that modern Afrikaans poetry still exhibits a strong Christian element. The essential qualities of contemporary Christian poetry in Afrikaans are illustrated in the discussion of the works of particular leading Afrikaans poets. Chapter 3 attempts to indicate a transitional stage between traditional and modern Christian poetry by means of an overview of the latest tendencies and approaches, with brief references to the recent poetry of the Louws, the poetry of Peter Blum as the initial exponent of the poetry of the Sixties, and the poetry of Ina Rousseau. The work of Sheila Cussons, eminent Roman Catholic (and thus also Christian) poet who is probably the most impressive contemporary exponent of metaphysical/mystic poetry in Afrikaans, is discussed in chapter 4. Chapter 5 illustrates the traditional Calvinistic Christian point of view and Christian experience as represented in the poetry of I.L. de Villiers. The poetification of the ministry adds new dimension to religions poetry in Afrikaans. Chapter 6 constitutes a discussion of the works of T.T . Cloete, the most significant contemporary Reformed poet in Afrikaans indicating the extent to which the many related facets embodied in his poetry consistently reflect a Christian attitude and are unified in and encompassed by the principle of Soli Deo Gloria. Chapter 7, by way of conclusion, reviews the religious poetry of Lina Spies and Petra Müller who write accessible popular poetry, nevertheless exploring interesting references. In conjunction with the poetry of Ina Rosseau, this poetry represents a contribution to modern Afrikaans religious poetry from a feminine point of view
- Full Text:
Paradoks as poësie: 'n ondersoek na enkele aspekte van die poësie van Breyten Breytenbach
- Authors: Van der Merwe, Anna Maria
- Date: 1975
- Subjects: Breytenbach, Breyten -- Criticism and interpretation
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Doctoral , PhD
- Identifier: vital:3636 , http://hdl.handle.net/10962/d1013302
- Full Text:
Postmodernistiese vertelstrategieë in Nag van die clown van Abraham H. de Vries
- Authors: Van Heerden, Etienne, 1954-
- Date: 1996
- Subjects: De Vries, Abraham H. -- Criticism and interpretation De Vries, Abraham H. -- Nag van die clown Afrikaans fiction -- History and criticism Postmodernism (Literature) Postmodernism (Literature) -- South Africa
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Doctoral , PhD
- Identifier: vital:3595 , http://hdl.handle.net/10962/d1002170
- Description: This thesis locates Abraham H. de Vries's Nag van ale Clown witbin the self-conscious South African socio-literary climate of the eighties and analyses postmodernist narrative strategies in five stories. Surveying the debate on postmodernism, this study describes postmodernism as a nomadic, inherently contradictory and mutually informing palimpsest of texts and views the De Vries text as a problematized inscribing of subjectivity into history. , Hierdie proefskrif situeer Nag van die Clown (1989) van Abraham H. de Vries binne die selfbewuste sosioliterere klimaat van die Suid-Afrika van die dekade tagtig en ontleed postmodernistiese vertelstrategiee in vyf verhale uit die bundel. Die studie bied 'n oorsig oor die debat rondom die postmodernisme as nomadiese, weersprekende en wedersyds voedende palimpses tekste en beskou die De Vries-teks as 'n problematiserende inskryf van subjektiwiteit in die geskiedenis.
- Full Text:
Poësie in 'n Grensland-situasie : verkenning van die ontwikkeling van 'n tema en 'n houding in die Afrikaanse digkuns
- Authors: Vorster, Jo-Anne
- Date: 1963
- Subjects: Afrikaans poetry -- History and criticism
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Masters , MA
- Identifier: vital:3638 , http://hdl.handle.net/10962/d1013452
- Description: From Introduction. In hierdie studie word 'n poging aangewend om 'n sekere aspek van, en 'n sekere ontwikkeling binne die Afrikaanse Poesie toe te lig. Onder Afrikaanse Poësie verstaan ons enige digwerk in Afrikaans, sy dit epies, liries of dramaties. Omdat ons o.m. belangstel in 'n sekere ontwikkeling, is ons uiteraard op 'n chronologiese indeling aangewys. Verskeie faktore (geskiedenis, kwaliteit van digwerk of gebrek aan kwaliteit, ens.) het daartoe bygedra dat ons in die Afrikaanse Poësie vyf groot periodes het wat vrywel onbestrede aanvaar word: die tydperk van die Genootskappers (vóór 1900); die tydperk van die Driemanskap (tussen 1900 en 1920); die insinking van die twintigerjare (1920 tot 1934); die vernuwing van Dertig (1934 tot 1945); die jongste tydperk (tot 1962). Hierdie algemeen aanvaarde indeling dien ons doel. Dit is egter noodsaaklik om dit onomwonde te stel dat die geesteshouding van die digter, soos ons dit uit die gedig leer ken, van groter belang is by ons studie as die ontstaansdatum van die gedig.
- Full Text:
Primêre leerlinge se geskiedenispotentiaal: 'n empiriese ondersoek na senior primêre leerlinge en onderwysers se vermoë om indringende vrae oor 'n historiese gebeurtenis met begrip en insig te beantwoord
- Authors: Hattingh, Johannes Hendrik
- Date: 1989
- Subjects: History -- Study and teaching (Elementary)
- Language: Afrikaans
- Type: text , Thesis , Masters , MEd
- Identifier: vital:1362 , http://hdl.handle.net/10962/d1001428
- Description: The main aim of this research was to determine the potential of senior primary pupils and serving teachers to understand a text that is concerned with a historical event. A test was written by 136 white standard 3, 4 and 5 pupils from a Cape Province primary school, as well as 32 serving teachers from various other Cape Province primary schools. The test consisted of a text and questions based upon it. The testees had 60 minutes at their disposal to study the text and give written answers to the questions. The historical event explained in the text dealt with the Peasant Uprising that occurred in England in 1381. Eight open-ended questions were asked. The questions were graded according to difficulty and based on the model of Merrit to test the following levels of thought: knowledge, application, inference and evaluation. In the dissertation attention is paid to the following aspects: 1. Background for the research. 2. The most important theoretical aspects that play a role in the process of historical understanding. 3. A statistlcal analysis of the results obtained from the pupils and teachers, with attention to those factors that may have influenced the results e.g. verbal IQ, age, interest, etc. 4. The quality of the teachers' and pupils' answers as well as examples from their work to illustrate certain aspects. 5. The most important conclusions that can be drawn from the research. Based on their answers to the graded questions the pupils were grouped into different levels to ascertain whether a significant pattern would emerge for each standard. It became clear, however, that irrespective of age or verbal IQ the pupils could not consistently be grouped into a specific level or category. The most important conclusions of the research are the following: 1. The ability of senior primary pupils to cope with intellectually stimulating material are underestimated. 2. A variety of factors influenced the results of the pupils, but not one of the factors studied in this research was found to be of significant importance. 3. The average primary teacher do have the potential ability to cope with more difficult historical material than the present factual approach would suggest.
- Full Text:
Psigobiografiese persoonlikheidsbeskrywing van Generaal Christiaan de Wet
- Authors: Henning, Riana
- Date: 2010
- Subjects: De Wet, Christiaan Rudolf, 1854-1922 Psychology -- Biographical methods Psychoanalysis Big Five model Politicians -- Psychology South Africa -- Politics and government -- 1836-1909 South Africa -- Politics and government -- 1909-1948
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Doctoral , PhD
- Identifier: vital:2990 , http://hdl.handle.net/10962/d1002499
- Description: Hierdie is 'n psigobiografiese studie van Generaal Christiaan Rudolph de Wet. 'n Psigobiografiese studie is die bestudering van 'n persoon se volledige lewe met die doel om die persoon beter te verstaan. Psigobiografiese navorsing maak gebruik van psigologiese teorieë wat aangewend word om die biografiese data van 'n persoon se lewe te beskryf en moontlik ook te verklaar. Die individu wat bestudeer word, is gewoonlik 'n bekende, invloedryke, navolgenswaardige, interessante of modelfiguur. Daar is tans 'n oplewing in die veld van psigobiografiese studies, maar daar word nog steeds nie genoeg in die akademiese veld gedoen om psigobiografiese studies te bevorder nie. De Wet (1854-1922) is vir hierdie studie gekies omdat hy 'n interessante, dog komplekse figuur was. Hy het veral tydens die Anglo-Boereoorlog in 1899-1902 bekendheid verwerf. As 45-jarige man het De Wet in die Anglo-Boereoorlog geveg en vinnig opgang as 'n militêre leier gemaak. Sy vindingryke ontsnappingspogings het die Britse magte hoofbrekens besorg. Wat De Wet verder uniek maak, is dat hy met net drie maande skoolopleiding in die parlement gedien het, as president verkies is, die hoogste gesag in die Verdedigingsmag gehad het en 'n boek oor sy oorlogsherinneringe geskryf het. Alhoewel daar akademiese werke oor De Wet bestaan, is daar tot op hede nog geen psigobiografiese studie oor hom gedoen nie. Die doel van die studie was om die mens agter die legende na vore te bring. Daar is ook gepoog om moontlike antwoorde en verklarings op onbeantwoorde vrae te gee. Die studie het van beide kwalitatiewe en kwantitatiewe data gebruik gemaak en kan as 'n psigobiografiese gevalstudie beskryf word. Die Vyf-faktor model van Costa en McCrae (1992) is op die biografiese data van De Wet toegepas om sodoende sy persoonlikheidseienskappe te beskryf. Die bevindinge het interessante persoonlikheidseienskappe van De Wet deur middel van die Vyf-faktor model aan die lig gebring. Volgens die kwalitatiewe navorsingsbevindinge was De Wet 'n vyandige, aksie-gedrewe, bevoegde, prestasie-strewende, selfgedissiplineerde, warm, openhartige, saggeaarde en beskeie persoon. Die kwalitatiewe en kwantitatiewe data-ontledings het uiteenlopende persoonlikheidskenmerke by De Wet geïdentifiseer. Die grootste verskille het by die fasette warmte, openhartigheid en altruïsme voorgekom. Die waarde van die studie is dat 'n wetenskaplike persoonlikheidsontleding van De Wet gedoen is. Dit is ook die eerste studie waar 'n teoretiese model op De Wet se persoonlikheid toegepas is. Alhoewel die studie sekere tekortkominge toon, beklemtoon dit terselfdertyd die wenslikheid daarvan om alternatiewe modelle te gebruik tydens die ontleding van persoonlikheidskenmerke. Die studie dui ook op die behoefte aan verdere navorsing, byvoorbeeld soortgelyke ontledings en vergelykings van die persoonlikhede van ander militêre bevelvoerders (De la Rey, Smuts, Beyers, Hertzog).
- Full Text:
Roman-waarheid en roman-fiksie: 'n ondersoek na die waarheidsgehalte van sekere Afrikaanse aktualiteitsromans en na die waarheidsmaatstaf in die aktualiteitsromankritiek
- Authors: Mulock-Houwer, F A M
- Date: 1963
- Subjects: Afrikaans fiction -- History and criticism
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Masters , MA
- Identifier: vital:3633 , http://hdl.handle.net/10962/d1012910
- Description: Dit het my herhaaldelik getref dat, by die beoordeling van bepaalde tipes Afrikaanse romans, deur die kritici sekere maatstawwe aangelê word wat as artistieke of literêre kriteria nie geldig, nie ter sake nie, en daarom meestal ook ontoelaatbaar is. Ek bedoel meer bepaaldelik die historiese en aktualiteitsromans: genres wat hul tematiese materiaal grotendeels betrek uit die verbye of hedendaagse "werklikheid" van die gemeenskap waartoe, in prakties alle gevalle, én die auteurs én die kritici van daardie romans behoort. Die ongeldige, slegs ten dele geldige of verkeerd gebruikte geldige kriteria vind hul oorsprong in 'n foutiewe vereenselwiging van die letterkundige kriterium "waarheid in die roman" met die aktualiteitsmaatstawwe "objektiewe werklikheid" en "oordeel oor hierdie werklikheid wat in die roman gevel word". 'n Ondersoek na die grondbeginsels van die romankritiek, die mate van ooreenkoms wat die Afrikaaner kritiek daarmee vertoon, en dus ook na die "waarheidsgehalte" van die betrokke romans self, vorm die opset van hierdie verhandeling. In die loop van die ondersoek het dit egter spoedig geblyk dat die onderwerp te wyd was, en dat dit die beste beperk kon word deur te konsentreer op 'n kleiner aantal romans binne een genre. Die keuse het geval op die aktualiteitsroman, en meer bepaaldelik op 'n negetal romans i.v.m. die "nie-blanke aktualiteit" en "rasseverhoudings in Suid-Afrika". Hierdie keuse is gedoen om twee hoofredes. Eerstens omdat die rasseprobleem veral sedert die Tweede Wêreldoorlog en meer bepaaldelik sedert die Atlantiese Oorkonde (1942) dié heersende wêreldprobleem geword het. Die rassebeleid in Suid-Afrika is derhalwe skerp in die lig gestel, met die gevolg dat Suid-Afrikaners daartoe gedryf is om hulle houding nie net in die praktyk te handhaaf nie, maar ook teoretiee en godsdienstig te verdedig. As aktualiteitsprobleem is die rassesituasie dus die interessantste en dié wat die meeste opspraak wek. Die tweede rede vir my keuae is die feit dat die kritieke oor die "romans oor rasseverhoudings", juis weens die aktualiteitstweedrag oor hierdie situasie, die volledigste voorbeeld vorm van die heersende "werklikheid"/"waarheid"-verwarring in die Afrikaanse aktualiteitsroman-kritiek. Die skripsie is in drie hoofdele verdeel: ʹn ondersoek na die waarheidemaatstaf in die kritiek, toepassing van hierdie maatstaf op romans oor die naturel en op die kritieke daaroor, en die verdere uitwerking daarvan i.v.m. romans oor die kleurling. Die nege romans wat ter sprake gebring is, mag beskou word as die noemenewaardigste kuns-en-aktualiteitspogings in hul genre, en tewens as 'n volledige aanduiding van die algemene ontwikkelingsgang van daardie genre. Die gekose volgorde van die romans dien dan ook om twee hooffaktore te omlyn: (a) die ontwikkeling van die aktualiteitsiening vanuit die idilliese plaasverband van Franz se romans, via die beperkte siening van die nie-blanke stadsproblematiek, na ʹn paging tot 'n volledige Suid-Afrikaanse probleemstelling in Rabie se Ons, die Afgod, en (b) die kunsgehalte van die betrokke romans en die mate waarin dit die draagkrag van die tendens beinvloed, en wederom die mate waarin die keuse van die tema en tendens die waarheidsgehal teen draagkrag van die romans as aktualiteitskommentare bepaal. Ons het gevolglik die romans oor die naturel, wat die eerste fase van die aktualiteitsiening behandel, in Deel II geplaas, en die romans oor die kleurling, van die staanspoor af meer problematies van aard, en as groep dié wat die mees gevorderde aktualiteitsiening vertoon in Deel III. Die slotbeskouing is ʹn kort samevatting van die mate van ontwikkeling in die Afrikaanse aktualiteitsroman oor die nie-blanke, en 'n vasstelling van die aard van die werklikheiq/waarheid-digotomie in die kritieke daaromtrent.
- Full Text:
Saligia
- Authors: Strydom, Gideon Louwrens
- Date: 2014
- Subjects: Creative writing (Higher education) -- Research -- South Africa , Creative writing -- Fiction , Afrikaans fiction -- Study and teaching (Higher) , Afrikaans fiction -- 21st century
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Masters , MA
- Identifier: vital:6001 , http://hdl.handle.net/10962/d1020884
- Description: When her life starts falling apart, a journalist and writer heads for a small rural town. Here the strange and wonderful tales about a local woman ignite her curiosity. As the town's secrets unravel she finds the truth behind all the fantasies. And in fighting her own demons she makes an unusual connection to this woman. She soon realises that this connection holds the key to her own salvation. Or her downfall.
- Full Text:
Semantiese velde en die onderrig en aanleer van Xhosa-woordeskat
- Authors: Venter, Johannes Andreas
- Date: 1980
- Subjects: Xhosa language -- Semantics , Xhosa language -- Vocabulary , Xhosa language -- Study and teaching
- Language: Afrikaans
- Type: Thesis , Masters , MA
- Identifier: vital:3606 , http://hdl.handle.net/10962/d1003814 , Xhosa language -- Semantics , Xhosa language -- Vocabulary , Xhosa language -- Study and teaching
- Description: Uit Inleiding: Hoe belangrik is die aanleer van woordeskat by die verwerwing van 'n vreemde taal? Indien dit van besondere belang is, kan met reg gevra word: watter beginsels moet in ag geneem word by die opstel van metodes en tegnieke om die aanleer van die woordeskat met optimum effektiwiteit te laat plaasvind? Wat is die teoretiese basis vir sulke metodes en tegnieke? Hierdie is enkele vrae wat in hierdie ondersoek aan die orde sal kom. Die begrip "semantiese velde" of "betekenisvelde" is 'n idee wat in die jongste tyd heelwat aandag geniet by linguiste. Die konsep "betekenisveld" veronderstel twee kenmerke van die leksikon: 1. Dat die betekenisaspek van elke individuele leksikale item, kragtens kontras bestaan en dat hierdie kontras tussen betekeniskomponente van leksikale items in die leksikon teregkom, veral binne 'n betekenisveldsiening. 2. Dat die leksikon kragtens die relasies tussen die leksikale items 'n georganiseerde en gestruktureerde versameling is. In ons ondersoek sal dit dus hoofsaaklik gaan oor: 1. Bestaande metodes en tegnieke om woordeskat te onderrig. 2. Bestaande toerieë oor die gestruktureerdheid van woordeskat. 3. Die moontlikhede wat hierdie teorieë inhou, om die onderrig van woordeskat meer effektief te laat plaasvind.
- Full Text: